FAMILIEGESCHIEDENIS RIBBENS

Lewenskets Martinus Ribbens

Auteur foto

Stamvader van de familie Ribbens in Zuid-Afrika

De levensschets van Martinus Ribbens werd een aantal jaren geleden opgemaakt door zoon Leendert Ribbens en dochter Agatha Van Zyl-Ribbens. 

We geven de tekst integraal in het Afrikaans, het klinkt zo mooi en verstaanbaar, zeker als je hem luidop leest. Er is achteraan dit artikel een Nederlandstalige versie te lezen.

Martinus was een zeer boeiende figuur, persoonlijke vriend van president Paul Kruger, waarover nog veel over te onderzoeken valt. De leefomstandigheden, de oorlog, het krijgsgevangenschap, carrière, de 6 jonggestorven kinderen, enz… Wie van onze Zuid-Afrikaanse familieleden waagt zich hieraan?

Martinus het op die ouderdom van 26 alleen na Suid-Afrika vertrek

Martinus Ribbens is op 21 Desember 1861 te Terneuzen in Zeeland, Nederland gebore en is op 5 April 1949 in die ouderdom van 87 jaar te Pretoria oorlede.  Hy is op Vrydag, 8 April 1949, vanuit die Bronbergkerk begrawe en in Rebeccastraatbegraafplaas te ruste gelê. 

Nadat hy die middelbare skool te Terneuzen in Zeeland verlaat het, gaan hy na  Kampen, na die kweekskool vir predikante, maar na ’n jaar besluit hy dat hy meer belangstel in die onderwys en onder die bekwame leiding van sy swaer, Simon van Wyck, begin hy sy loopbaan as onderwyser.

Ds. Petrus Postma, wat destyds predikant op Potchefstroom was, was bekend en bevriend met die familie Ribbens in Nederland en op sy advies en uitnodiging het Martinus Ribbens na Suid-Afrika gekom. Dit was ongeveer dieselfde tyd dat President Paul Kruger ’n beroep op Hollandse onderwysers gedoen het om na Suid-Afrika te kom.

’n Paar nagte voor sy vertrek na Suid-Afrika, het hy ’n slegte nagmerrie gehad.  Die volgende môre aan die ontbyttafel vertel hy die familie daarvan.  Hy het gedroom hy loop op ’n baie lang pad en toe hy op die end kom, staan daar ’n geweldige groot man met ’n lang baard.  In sy een hand het hy ’n swaard en in die ander hand ’n vlag gehad.  Toe hy Martinus sien, gooi hy die vlag neer en gryp hom voor die bors aan sy klere en hou hom op in die lug en skreeu hard die volgende letters – N. I. S. T.  Toe skrik hy wakker en wonder wat dit nou alles kon beteken.  Sy een broer se reaksie was “Niet naar Transvaal”, en die res het hartlik saamgestem.  Maar Martinus het hom nie laat afskrik nie. 

’n Paar dae later moes hy na die Hoek van Holland gaan en vandaar oor die Engelse-kanaal na Southampton gaan.  Die volgende dag was hy op die “Drummond Castle” en op 1 September 1888 kom die skip in Durban aan en sit Martinus Ribbens (vir goed) sy voet op Suid Afrikaanse bodem.  

Soos sy geaardheid was, het hy slegs ’n paar uur na sy aankoms in Durban, vriende gemaak met twee jong boere.  Hulle was die broers Hartman van die Lydenburgse distrik in Transvaal wat sekere voorrade in die hawe kom haal het.  Die volgende dag gaan hulle met hulle ossewaens weer terug –  en vra of Meester wil saamry!  Hy het dadelik die vriendelike aanbod aangeneem – van so iets het hy nooit kon droom nie !  In die Transvaal gekom, moes die Hartmans wegdraai na Lydenburg; na hy en sy nuwe vriende mekaar hartlik gegroet het, het Martinus sy reis per Zeederberg-koets voortgesit na Pretoria.  Daar gekom, het hy hom by die Departement van Onderwys aangemeld.  Soos die geval dit wil, word hy na ’n plaasskool digby Lydenburg gestuur en het hy weer kontak gemaak met die familie Hartman.

 

Hy het mos gekom om onderwys te gee en hy gaan dit na die beste van sy vermoë doen.

Weliswaar, het hy die eerste aand, toe hy die deur van sy primitiewe kamertjie toestoot, nie kon nalaat om ’n traan weg te vee nie, toe hy dink aan die welversorgde ouerhuis daar vêr in Nederland!  Gelukkig was dit net vir ’n oomblik – hy wou hom nie al in die begin laat afsit deur kleinighede nie.  Hy het mos gekom om onderwys te gee en hy gaan dit na die beste van sy vermoë doen.

Kort na sy aankoms in Lydenburg het hy vir hom ’n ryperd aangeskaf om sodoende met die mense in die omgewing kennis te maak.  Hy was baie lief vir sy perd en gou het ruiter en perd mekaar goed verstaan en het hy begin om allerhande toertjies met Mazeppa (Zep) (naam van die perd) te doen.  Hy het baie geduld gehad en het menige jong en wilde perd “ingebreek” en geleer.  Hy het nooit ’n dier geslaan of geruk nie, net mooi gepraat en sag met die hand geklop. 

 

Kollega Charles Bodenstein saam met Martinus, hul eerste foto in 1890

Na Lydenburg is hy verplaas na Hartebeesspruit en met sy rondkuiery het hy op die plaas Sybrandskraal uitgekom, waar die familie Steynberg gewoon het.  Al gou was hy bevriend met een van die dogters en op 24 Mei 1893 is hy met Anna Susanna (bekend as Annie of Ann) getroud.  Na Hartbeesspruit is hy verplaas na Hermansstad (wes van Pretoria).  Die huidige Ribbensstraat, wat aan die Hercules-Hoërskool grens, is na hom vernoem.  Vandaar het hy ’n aanstelling gekry aan die Staatsmodelskool en was daar vanaf 1897 tot met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog (1899).  Hy het by die Boeremag aangesluit en het in Natal geveg waar hy gevange geneem is tydens die slag van Elandslaagte en na Simonstad gestuur is, waar hy kampkommandant van die Bellevuekrygsgevangenekamp geword het.  In die kamp het hy en sy mede-gevangenes toneelopvoerings en konserte georganiseer, “Ten behoeve van de Vrouwen Kampen”.  Elkeen moes dus betaal om so ’n konsert by te woon.        

 

1899: Het Leidsch Dagblad berig oor die oorlog in Suid-Afrika

Na die oorlog het hy nie ’n pos gehad nie en stig hy ’n privaatskool – maar finansieel was dit nie ’n sukses nie.  Hy nader toe die beweging C.N.O. (Christlik Nationaal Onderwys) en hulle bied hom ’n pos aan as hoof van die Burgersdorp Hollandse C.N.O. skool.  Interessantheidshalwe moet hier genoem word dat die huidige Pretoria-Wes in die tyd van die eerste Republiek bekend gestaan het as “Burgersdorp“.  Die rede hiervoor was dat al daardie erwe “burgerregerwe” was – dit beteken dat die erwe toegesê was aan burgers wat in die “Eerste Vryheidsoorlog” diens gedoen het.  By hierdie skool was hy tot Julie 1906 en op 16 Julie 1906 aanvaar hy ’n pos aan die “Burgher Right School”, ’n Engelse skool wat onder die Transvaalse Onderwysdepartement geval het.  Ook hierdie skool was geleë op ’n burgerreg-erf, vandaar die naam “Burgher Right”.  Die hoof van die skool was Mnr. Walter Chapman en Martinus Ribbens het later die assistant hoof geword.  Aan hierdie skool was hy verbonde tot Desember 1924 toe hy met pensioen afgetree het.  Die Departement van Onderwys het hom egter gevra om ’n nuwe Afrikaanse skool te open en hy was die eerste hoof van die Simon-Bekkerskool wat ook in Pretoria-Wes geleë is.  Dit was in 1925.  Hy het altesaam 44 jaar van sy lewe aan onderwys gewy.  Ook het hy deeltyds onderwys gegee aan die Sentralegevangenis in Pretoria.  Na sy uittrede het hy geruime tyd as handelsreisiger vir die firma Van Schaik opgetree.

Voor die huis in Bloedstraat 279, Pretoria, geneem begin van 1908.
Van links na regs: Johanna met Hektor (hond), Hendrik, Corrie, Oupa, Agatha en Ouma.

Hy was ’n leser van formaat!  Gemiddeld ’n boek per dag!  Hy was lid van die Staatsbiblioteek en het verskeie kere boeke aangevra wat hy nie in hul boekery kon vind nie.  Hy het wyd gelees van alles – as dit maar iets goeds was om te lees!  Ook het hy hom vir die toneel beywer.  Vroeg in 1907 het Preller en Oost die Afrikaans-Hollandse Toneelvereniging gestig en Martinus Ribbens was ook op hierdie bestuur.  Hulle het baie sukses gehad met hulle opvoerings en het selfs op reis gegaan.  In Ermelo het hulle drie aande gespeel en in Potchefstroom, twee aande.  In die stukke “Modea” en “Ou Daniel” het Ribbens die hoofrol gespeel.  Ander stukke wat toe ook opgevoer was, was “’n Schoolroodster”, “Maljan onder die Hoenders” en “Piet se Tante”, ens.  Dit was gelukkige dae en ook in Pretoria in die Opera-gebou het hulle opgetree.

Martinus was ook ’n goeie gimnas en die rekstok was sy voorliefde.  By elke skool waar hy betrokke was, het hy ’n rekstok laat aanbring en die kinders geleer hoe om dit reg te gebruik.  Hy was ook aktief betrokke gewees by kerksake.

Die laaste elf jaar van sy lewe het hy in Celliersstraat 213, Sunnyside gewoon by sy skoonseun en dogter Jan en Agatha van Zyl en kinders.  Soggens vroeg oefeninge doen in die tuin, stort, ontbyt geniet en dan met die bus na die Staatsbiblioteek om sy boeke om te ruil en deur ’n paar koerante te blaai.  Baie kere bekendes ontmoet, êrens lekker gaan gesels en so weer terug met die bus huistoe.

Gelukkig het hy gesond en sterk gebly tot die einde – maar dikwels het hy gesê: “Dit spyt my dat ek al so oud is en een van die dae nie meer sal wees nie, nou dat die wêreld so interessant geword het met al die nuwe uitvindings”.

(Saamgestel deur wyle mev. Agatha van Zyl en wyle mnr. Leendert Ribbens, dogter en seun onderskeidelik van Martinus Ribbens – September 1988).

Dit spyt my dat ek al so oud is en een van die dae nie meer sal wees nie, nou dat die wêreld so interessant geword het met al die nuwe uitvindings

Nederlandstalige versie

De levensschets van Martinus Ribbens werd een aantal jaren geleden opgemaakt door zoon Leendert Ribbens en dochter Agatha Van Zyl-Ribbens. 

We geven de tekst hier boven integraal in het Afrikaans, het klinkt zo mooi en verstaanbaar, zeker als je hem luidop leest. 

Martinus was een zeer boeiende figuur, persoonlijke vriend van president Paul Kruger, waarover nog veel over te onderzoeken valt. De leefomstandigheden, de oorlog, het krijgsgevangenschap, carrière, de 6 jonggestorven kinderen, enz… Wie van onze Zuid-Afrikaanse familieleden waagt zich hieraan?

Op 26-jarige leeftijd vertrok Martinus moederziel alleen naar Zuid-Afrika 

Martinus Ribbens werd geboren op 21 december 1861 in Terneuzen in Zeeland, Nederland en stierf op 5 april 1949 op 87-jarige leeftijd in Pretoria. Hij werd op vrijdag 8 april 1949 begraven vanuit de Bronbergkerk en begraven op Rebecca Street Cemetery.

Nadat hij de middelbare school in het Zeeuwse Terneuzen had verlaten, ging hij naar Kampen, naar het seminarie voor predikanten, maar na een jaar besloot hij dat hij meer geïnteresseerd was in onderwijs en onder de bekwame leiding van zijn zwager, Simon van Wyck, begint hij zijn carrière als leraar.

Ds. Petrus Postma, destijds predikant in Potchefstroom (nabij Johannesburg), was bekend en bevriend met de familie Ribbens in Nederland. Op zijn advies en uitnodiging kwam Martinus Ribbens naar Zuid-Afrika. Het was rond dezelfde tijd dat president Paul Kruger een oproep deed aan Nederlandse leraren om naar Zuid-Afrika te komen.

Een paar nachten voordat hij naar Zuid-Afrika vertrok, had hij een nare nachtmerrie. De volgende ochtend aan de ontbijttafel vertelt hij er de familie over. Hij droomde dat hij over een hele lange weg liep en toen hij aan het einde kwam, stond daar een enorme man met een lange baard. In de ene hand had hij een zwaard en in de andere een vlag. Toen hij Martinus zag, gooide hij de vlag neer, greep hem bij de borst en bij zijn kleren, hield hem in de lucht en riep luid de volgende letters: N.I.S.T. Toen werd hij wakker en vroeg zich af wat dit allemaal kon betekenen. Het antwoord van zijn enige broer was: “Niet naar Transvaal”, en de rest was het daar van harte mee eens. Maar Martinus liet zich niet afschrikken.

Een paar dagen later moest hij naar Hoek van Holland om van daaruit het Engelse Kanaal over te steken naar Southampton. De volgende dag bevond hij zich op het “Drummond Castle” en op 1 september 1888 arriveerde het schip in Durban en zette Martinus Ribbens (voorgoed) voet op Zuid-Afrikaanse bodem.

Zoals zijn aard was, sloot hij slechts een paar uur na zijn aankomst in Durban vriendschap met twee jonge boeren. Het waren de broers Hartman uit de wijk Lydenburg in Transvaal (ongeveer 700 km van Durban verwijderd) die bepaalde voorraden in de haven kwamen ophalen. De volgende dag gaan ze weer terug met hun ossenkarren – en vragen of Martinus mee wil rijden! Hij accepteerde het vriendelijke aanbod onmiddellijk – zoiets had hij nooit kunnen dromen! Eenmaal in Transvaal moesten de Hartmans zich afwenden naar Lydenburg; nadat hij en zijn nieuwe vrienden elkaar hartelijk hadden begroet, vervolgde Martinus zijn reis per Zeederberg-koets naar Pretoria. Daar aangekomen rapporteerde hij aan het ministerie van Onderwijs. Zoals het geval zou zijn, werd hij naar een boerderijschool in de buurt van Lydenburg gestuurd en nam hij opnieuw contact op met de familie Hartman.

Hij is gekomen om les te geven en hij zal dat naar beste vermogen doen.

Toegegeven, toen hij de eerste nacht de deur van zijn primitieve kamertje opendeed, kon hij niet anders dan een traan wegvegen, toen hij dacht aan het verzorgde ouderlijk huis ver weg in Nederland! Gelukkig was het maar voor even; in het begin wilde hij zich niet laten afschrikken door kleine dingen. Hij is gekomen om les te geven en hij zal dat naar beste vermogen doen.

Kort na zijn aankomst in Lydenburg kocht hij een rijpaard om de mensen in de omgeving te leren kennen. Hij hield heel veel van zijn paard en al snel begrepen ruiter en paard elkaar goed en begon hij allerlei trucjes uit te voeren met Mazeppa (Zep, naam van het paard). Hij had veel geduld en “brak in” en leerde menig jong en wild paard op. Hij sloeg of trok nooit een dier, sprak alleen vriendelijk en klopte zachtjes met de hand.

Collega Charles Bodenstein met Martinus, hun eerste foto in 1890

Na Lydenburg werd hij overgebracht naar Hartebeesspruit en tijdens zijn omzwervingen kwam hij de boerderij Sybrandskraal tegen, waar de familie Steynberg woonde. Al snel was hij bevriend met een van de dochters en op 24 mei 1893 trouwde hij met Anna Susanna (bekend als Annie of Ann). Na Hartbeesspruit werd hij overgebracht naar Hermansstad (ten westen van Pretoria).

De huidige Ribbensstraat, die grenst aan de Hercules High School, is naar hem vernoemd. Van daaruit kreeg hij een aanstelling bij de State Model School en was daar van 1897 tot het uitbreken van de Tweede Onafhankelijkheidsoorlog (1899). Hij sloot zich aan bij het Boerenleger en vocht in Natal, waar hij werd gevangengenomen tijdens de slag om Elandslaagte en naar Simonstad werd gestuurd, waar hij kampcommandant werd van het krijgsgevangenenkamp Bellevue. Hij verbleef er 2 jaar in gevangenschap. In het kamp organiseerden hij en zijn medegevangenen toneelstukken en concerten, “Ten behoeve van de Vrouwen Kampen”. Iedereen moest dus betalen om zo’n concert bij te wonen.

 

1899: Het Leidsch Dagblad brengt verslag uit van de oorlog in Zuid-Afrika

Na de oorlog kwam hij vrij maar had hij geen baan. Hij richtte een privéschool op, maar financieel was dat geen succes. Vervolgens benaderde hij de beweging C.N.O. (Christelijke Nationale Opvoeding) en ze bieden hem een ​​functie aan als hoofd van de Burgersdorp Nederlandse C.N.O. school. Ter wille van de belangstelling moet hier worden vermeld dat het huidige Pretoria-West in de tijd van de eerste Republiek bekend stond als “Burgersdorp“. De reden hiervoor was dat al die percelen ‘burgerreserve’ waren – dit betekent dat de percelen werden toegewezen aan burgers die dienden in de Eerste Onafhankelijkheidsoorlog.

Op deze school bleef hij tot juli 1906 en op 16 juli 1906 aanvaardde hij een functie op de “Burgher Right School“, een Engelse school die onder het Transvaal Education Department viel. Ook deze school bevond zich op een burgerrechtenperceel, vandaar de naam “Burgher Right”. Het hoofd van de school was dhr. Walter Chapman en Martinus Ribbens werd later de assistent-hoofd. Hij was tot december 1924 aan deze school verbonden, waarna hij op 63-jarige leeftijd met pensioen ging. Het ministerie van Onderwijs vroeg hem echter een nieuwe Afrikaanse school te openen en hij werd het eerste hoofd van de Simon-Bekkerskool, die eveneens in Pretoria West is gevestigd. Het was in 1925. Hij wijdde in totaal 44 jaar van zijn leven aan onderwijs. Hij gaf ook parttime les in de Centrale Gevangenis in Pretoria. Na zijn pensionering was hij enige tijd werkzaam als handelsreiziger bij de firma Van Schaik.

Voor het huis aan Bloedstraat 279, Pretoria, genomen begin 1908.
Van links naar rechts: Johanna met Hektor (hond), Hendrik, Corrie, Opa, Agatha en Oma.

Hij was één geweldige lezer! Gemiddeld één boek per dag! Hij was lid van de Staatsbibliotheek en vroeg meerdere malen om boeken die hij niet in hun bibliotheek kon vinden. Hij las veel over alles – als het maar iets goeds was om te lezen! Hij zette zich erg in voor het toneelleven. Begin 1907 richtten Preller en Oost de Afrikaans-Hollandse Toneelvereniging op en ook Martinus Ribbens zat in dit bestuur. Ze hadden veel succes met hun optredens en gingen zelfs op reis. Ze speelden drie avonden in Ermelo en twee avonden in Potchefstroom. In de toneelstukken “Modea” en “Old Daniel” speelde Ribbens de hoofdrol. Andere toneelstukken die destijds ook werden opgevoerd waren “A Schoolroodster”, “Maljan onder die Hoenders” en “Piet’s Tante”, enz. Het waren vrolijke dagen en ze traden ook op in Pretoria in het Operagebouw.

Martinus kon ook goed turnen en het rek was zijn favoriet. Op elke school waar hij betrokken was, liet hij een rekstok installeren en leerde hij de kinderen hoe ze deze op de juiste manier moesten gebruiken. Hij was ook actief betrokken bij kerkelijke aangelegenheden.

De laatste elf jaar van zijn leven woonde hij in de Celliersstraat 213, Sunnyside, met zijn dochter Agatha en zijn schoonzoon Jan van Zyl en kinderen. ’s Ochtends vroeg sporten in de tuin, douchen, ontbijten en daarna met de bus naar de Staatsbibliotheek om zijn boeken uit te wisselen en wat kranten door te bladeren. Daar zag hij vrienden en bekenden, wat gezellig kletsen en met de bus naar huis terug.

Gelukkig bleef hij tot het einde toe gezond en sterk – maar vaak zei hij: ‘Het spijt me dat ik al zo oud ben en één dezer dagen zal ik dat niet meer zijn, nu de wereld zo interessant is geworden met al die nieuwe uitvindingen”.

(Samengesteld door wijlen Agatha van Zyl en wijlen Leendert Ribbens, respectievelijk dochter en zoon van Martinus Ribbens – september 1988).

Het spijt me dat ik al zo oud ben en één dezer dagen zal ik dat niet meer zijn, nu de wereld zo interessant is geworden met al die nieuwe uitvindingen.

Verbeteringen, aanvullingen, tips, vragen?

Scroll naar boven